Mosiehof: Banke bring 44 uit 99 aansoeke vir verstekvonnisse

Kommersiële banke het 44 aansoeke om verstekvonnisse, uit ‘n totaal van 99, vanoggend in die mosiehof gebring. Daar was ook 16 reël 108 aansoeke op die rol wat deur regters Collins Parker en Eileen Rakow hanteer is. Banke eis 18 eiendomme met uitstaande skuld van 26,6 miljoen Namibiese dollar sowel as 25 lenings wat nou betaalbaar is met 9 miljoen dollar se uitstaande betalings. Een voertuig moet ook terugbesorg word. Maandag se sessie sal 37 onverdedigde egskeidings hanteer. Regter Thomas Masuku op die bank.