Handelstekort sal nog vir ‘n wyle duur

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelsyfers vir Augustus bekend gemaak. Die handelstekort staan tans op 4,9 miljard Namibiese dollar teenoor 3,7 miljard wat in Julie aangeteken is en is die grootste tekort wat in ‘n jaar aangeteken is. Suid-Afrika was die grootste handelsvennoot, vir beide invoere en uitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het met Angelique Bock, ‘n navorsingsassistent by Simonis Storm, gesels om uit te vind hoekom die handelstekort toegeneem het en wat die rede is vir die afname in uitvoere.