Skaapbedryf kan moontlik binnekort herleef, en dis goeie nuus

Skaapboere het sedert 2004 met verskeie verhoudings wat uitvoere en plaaslike verslagting bepaal het, groot uitdagings gehad. Met die herlewing van Farmer’s Meat in Mariental deur Hartlief, en die aankondiging deur Mecki Schneider dat sy Savanna Beef Processors by Brukkaros ook skaap sal verwerk, blyk dinge om baie beter te lyk vir die plaaslike skaapbedryf. Die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.