Mosambieker met gekloonde kaart steel N$113 000 by tolhek

Die Valke in Mbombela en forensiese ondersoekers van Absa en FNB het ‘n Mosambiekse burger in hegtenis geneem in verband met die gebruik van gekloonde kredietkaarte by die N4-tolplaza in Kaapmuiden. ‘n Polisiewoordvoerder sê Luis Raimundo Matola is in die Barbertonse-landdroshof van die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies aangekla. Hy het na bewering ‘n gekloonde kaart by die tolhek gebruik, wat tot ‘n verlies van meer as 113 000 Suid-Afrikaanse rand vir die onderneming Pro-Active Refrigerations gelei het. Sy borgtogaansoek is tot Vrydag uitgestel.