Ministerie het nie geld om onnies te werf

Die onderwysministerie het ‘n vergadering met werklose onderwys-gegradueerdes gehou om hul kwessies aan te spreek. Van die eise was dat die ministerie kyk na onderwysers se dubbelskofte en die oorbevolking van klaskamers. Die ministerie het ‘n taakspan saamgestel om hierdie kwessies aan te spreek. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, sê egter daar is geen hulpbronne vir massawerwing van onderwysers nie, want hulle bou eers klaskamers.