45 Moria-gangers sterf in busongeluk

Minstens 45 mense is laat gistermiddag dood in ‘n busongeluk op die R518 in die Waterberg-distrik in Limpopo, met die enigste oorlewende ‘n agtjarige meisie. Die bestuurder het blykbaar beheer verloor op die Mmamatlakala-brug naby Mokopane. Die bus het oor die kant van die brug gestort en in vlamme uitgebars toe dit die grond 50 meter laer getref het. Die bus was van Botswana na Moria op pad vir die jaarlikse Paasfeesvieringe. Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het haar innige meegevoel betuig met die families wat deur die tragiese ongeluk geraak is. Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Vongani Chauke, is aan die woord.