Leeus-stut vir drie weke geskors ná rooikaart

Rugby: Die Leeus sal vir die volgende drie weke sonder die stut, Asenathi Ntlabakanye, moet klaarkom ná sy rooikaart tydens verlede naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht. Hy is vroeg in die eerste helfte in Galway afgestuur oor ‘n gevaarlike duikslag teen die losvoorspeler, Conor Oliver. Die dissiplinêre komitee het sy skorsing van ses na drie weke verminder nadat hy skuldig gepleit en om verskoning gevra het, en weens sy goeie dissiplinêre rekord. Die Leeus speel vandag in Wallis teen die Ospreys.