Menseregtekommissie vergader oor werkloosheid in die Noord-Kaap

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in die Noord-Kaap sal vandag ‘n vergadering met belanghebbendes oor armoedeverligting en werkskeppingsgeleenthede hou. Die kommissie se woordvoerder, Buyisile July, sê die doel is om ‘n platform te skep vir verskeie staatsliggame en openbare entiteite om hul produkte ten toon te stel en verskeie dienste beskikbaar te stel. Die Noord-Kaap het wat beskryf word as institusionele-werkloosheid, veral onder die jeug. July sê werksoekers en werkgewers sal bymekaar gebring word.