Mense in Zambezi steeds bang na skietvoorval

Ná die dood van die Nchindo-broers en hul neef het dinge in die Zambezi-streek naby die Choberivier nog nie weer normaal teruggekeer nie, aangesien inwoners bang is om in daardie gebied te gaan visvang of na hul nabygeleë nedersettings te gaan. Die Caprivi Concerned Group het intussen ‘n klag teen Botswana se President Mokgweetsi Masisi en sy hoof van verdediging Placid Segokgo by die internasionale strafhof aanhangig gemaak. Dit volg na die skietdood van die drie Nchindo-broers en hul neef in November 2020. Die Botswana-weermag het die vier doodgeskiet terwyl hulle visgevang het op die land se grens in die Choberiver. Edwin Samati, die sekretaris-generaal van die groep sê mense is bang dat wat met Nchindo-broers gebeur het, met hulle ook kan gebeur.