Twee-derdes van Pakistan is onder water

Die Pakistanse regering sê die ongekende kitsvloede wat deur geskiedkundige moesson-reën veroorsaak is, het skade van minstens 168,65 miljard Namibiese dollar veroorsaak. Meer as 1 130 mense is dood en meer as 33 miljoen is geraak. Die Internasionale Monetêre Fonds het gister ‘n reddingspakket van 18,54 miljard Namibiese dollar aan die regering oorhandig om die ekonomie te help om sy skuld te betaal. Pakistan se minister van Beplanning, Ahsan Iqbal, sê die land gaan in die komende weke en maande ernstige voedseltekorte in die gesig staar.