Meer as 3 300 skoolmeisies swanger tydens 2020-inperking

Plaaslike media berig dat meer as 4 000 leerders is landswyd deur hulle ouers uit skole verwyder terwyl 400 skool verlaat het om na familielede om te sien. Maar, meer as 30 000 het skool verlaat in 2020 as gevolg van inperkings en ander redes, meer as dubbel die 13 000 wat in 2019 verlore gegaan het. Volgens die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp se die onderwyssektor het ‘n daadwerklike impak beleef met die pandemie. Net meer as 3 600 skoolmeisies het in 2020 swanger geraak terwyl die syfer vir 2019 net meer as 1 500 was. Tydens die 2020 Maart tot Julie-inperkings het 3 323 skoolmeisies swanger geraak. Voor Covid het leerders skole verlaat as gevolg van uitdagings met die leerplan of dat die skool te ver van die huis af was.