Mastercard plant 100 miljoen bome

Mastercard het aangekondig hy brei die herbebossingswerk van die Priceless Planet-koalisie uit om 18 nuwe herstelprojekte wêreldwyd in te sluit. Die doelwit is om 100 miljoen bome te hervestig. Mastercard sê drie van die projekte sal in Afrika gebaseer wees, insluitend ‘n teiken van 2 miljoen bome in Madagaskar, 1,25 miljoen in Malawi en een-miljoen in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Mastercard sê die projekte sal deur herbebossing positiewe verandering vir die omgewing aanvuur om klimaatsverandering daadwerklik teen te werk.