Kans vir vervalste US-dollars in Nam

Plaaslike berigte lui dat daar ‘n moontlikheid is dat vervalste Amerikaanse dollar-note die Namibiese mark kan binnekom vanaf Angola. Owerhede in die buurland het afgekom op ‘n perseel waar die vervalste geld gedruk word. Die polisie het beslag gelê op 50 miljoen Amerikaanse dollar se vervalste note en het ‘n 62-jarige afgetrede weermag-kolonel gearresteer, saam met twee medepligtiges. Die groep het blykbaar gepoog om die note in die ekonomie in te stoot in verskeie dorpe maar dit is in Luanda gedruk.