Kom neem deel aan wit lint-dag!

Die wit lint-veldtog in Namibië bied môre vanaf 12-uur ‘n wit lint-dag en die begin van die 16 Dae van Aktivisme by die Namibian koerant se kantore aan. Die publiek word gevra om ‘n wit lint te dra om hul ondersteuning te wys vir die vroue en meisies wat hul lewens as gevolg van mans verloor het. Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van die dag.