Marburg-gevalle in Guinee bly klim

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê altesaam 150 gevalle van die Marburg-virus is nou reeds in Guinee gediagnoseer, terwyl nog 148 moontlike gevalle gemonitor word. Die virus is hoogs aansteeklik en veroorsaak hemorragiese koors. Dit is van dieselfde familie virusse wat Ebola veroorsaak. Die WGO sê ‘n span, insluitend epidemioloë en maatskaplike antropoloë, is in die gebied om die gevalle te ondersoek en Guinee se gesondheidsowerhede te help om hul noodreaksie te versnel.