Ramatex word in Covid-fasiliteit omskep

Stad Windhoek is tans besig om kontrakte en ooreenkomste te finaliseer om die Ramatex-perseel in die hoofstad te omskep in ‘n Covid-fasiliteit. Die burgemeester Job Amupanda het dit bekend gemaak. Die fasiliteit sal volgens Amupanda deur die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku en professor Peter Nyarango, ‘n mediese navorsingspesialis, bestuur word. Stad Windhoek se skakelafdeling het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar binnekort ‘n verklaring in die verband uitgereik sal word.