Machel bring hulde aan Tutu, wat altyd die goedheid in mense gesien het

Suid-Afrika se voormalige presidentsvrou Graça Machel het hulde gebring aan wyle aartsbiskop Desmond Tutu. Machel sê Tutu het, as haar geestelike leier, haar geleer om haar welwillendheid teenoor mense te verbreed. Machel het gepraat op ‘n gedenkgeleentheid vir die Arch, wat deur sy nabye vriende en vennote in Kaapstad gehou is en gesê hy het goedheid in almal gesien.

Tutu word vandag ter ruste gelê. Hy sal volgens berigte veras word en sy oorskot sal agter die preekstoel van die St. George-katedraal gehou word. Hy het die bisdom vir 35 jaar as aartsbiskop gedien.