Daar is baie hoop in 2022 – Geingob

President Hage Geingob het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om moed te hou en saam te staan om die nuwe jaar aan te pak. In sy Nuwejaarsboodskap het Geingob melding gemaak van maatskaplike en ekonomiese uitdagings wat deur die pandemie blootgelê is maar meen dat ekonomiese herstel stelselmatig vanjaar sal plaasvind. Hy het gesondheidswerkers en lede van die gemeenskap bedank vir hulle harde werk en toegewydheid tydens 2021 en sê daar is baie hoop in die nuwe jaar wat hy as die jaar van herbeelding verklaar het.