Marokko se toerismesektor het ‘drakoniese’maatreëls

Nes talle lande regoor die wêreld wat staatmaak op toerisme, sê besighede in Marokko hulle gaan gebuk – nie net onder die pandemie nie – maar ook die regering se inperkings as gevolg daarvan. Marokaanse owerhede het van die strengste maatreëls ingestel en het reeds laat in November sy grense gesluit en sal hulle eers weer einde Januarie oopstel. Alle Nuwejaarsvieringe is ook verbied en verpligte inentings word afgedwing. Toerisme dra ongeveer 7 persent van die land se ekonomie en verdien ongeveer 8 miljard Amerikaanse dollar jaarliks maar, vanjaar sal die inkomste op ‘n skamele 3,6 miljard dollar staan. Restaurant-eienaars in die hoofstad Marrakech sê hulle het in die afgelope tien dae nie een kliënt gehad nie en al is daar ‘n betaling van 216 Amerikaanse dollar per werkers wat in die toerismebedryf werk, is daar geen betaling vir werkers in ondersteunende dienste aan die sektor nie.