Vierdaagse werkweek vir Lamborghini

Lamborghini het die eerste Europese motorvervaardiger geword wat ‘n vierdaagse werkweek vir sy produksiewerkers implementeer – sonder om salarisse te verminder.

Die ooreenkoms met vakbonde sluit ‘n verhoging in jaarlikse lone, bykomende voordele, en die skepping van 500 nuwe werksgeleenthede in.

Lamborghini se ooreenkoms met die vakbonde is deel van ‘n breër heronderhandeling wat ‘n raamwerkkontrak vir werkers by sy moedermaatskappy, Volkswagen, behels. Die korter werksweek sal na verwagting produksiewerkers 22 werksdae per jaar spaar.

Die skuif volg op suksesvolle proewe van die 32-uur-werkweek in die VSA en die VK, wat produktiwiteit, gesondheid en werkbehoud winste toon.

Foto: Verskaf