LPM open kantoor in Noorde

Die Landless People’s Movement open vanmiddag om twee-uur sy noordelike kantoor amptelik in Ondangwa by die Thambapilai-kompleks langs die B1-hoofweg. Die leier van die party, Bernadus Swartbooi, is die hoofspreker. Die party se doel is om die Namibiese Grondwet en die territoriale eenheid en integriteit van die staat te bevorder en om vrye, etiese ekonomiese aktiwiteite aan te moedig. Die woordvoerder Eneas Emvula sê die party se teenwoordigheid in die Noorde is belangrik.