Mafe se borgaansoek is vandag

Die borgtog-aansoek van die beskuldigde in die brand by die Parlement sal vandag aangehoor word. Zandile Christmas Mafe verskyn in die Kaapstadse Streekhof op aanklag van brandstigting vir sy beweerde betrokkenheid by die brand wat groot dele van die ikoniese kompleks verwoes het. Hy sou op 22 Januarie voorkom, maar dit moes uitgestel word omdat hy Covid-19 opgedoen het.