Pous veroordeel fopnuus

Pous Franciscus sê die verspreiding van vals nuus en waninligting oor Covid-19 en entstowwe, deur die media, insluitend die Katolieke media, is ‘n skending van menseregte. Dié verklaring gister is die tweede keer in minder as ‘n maand dat die 85-jarige pous hom in die openbaar oor die onderwerp uitlaat. Die pous het dit veroordeel as ‘n verspreidende “info-demie”. Hy omskryf dit as ‘n verdraaiing van die werklikheid gebaseer op vrees, vals- en opgemaakte nuus. Die pous het ‘n beroep gedoen dat die mense wat in vals nuus glo nie veroordeel moet word nie, maar met wetenskaplike inligting oortuig moet word.