Lid van SA Wildlewe Rehabilitasiesentrum uit boom gered

Een van die lede van die Suid-Afrikaanse Wildlewe Rehabilitasiesentrum is uit ‘n boom gered, nadat sy kajak in die Vaalrivier omgeslaan het. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê die 42-jarige man is gister as vermis aangegee en was besig om te help om voëls en hulle eiers uit bome in die oorstroomde rivier te red. Die man is ná ‘n mediese ondersoek met sy familie herenig.