Skole moet bankstate aan onderwysministerie voorlê

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het alle skole versoek om hul bankstate in te dien. Dit volg nadat ouers ‘n noodkreet uitgestuur het ná skole hulle beveel het om self skryfbehoeftes te koop. Steenkamp het in ‘n brief aan streeksdirekteure van onderwys beveel om hul bankstate nie later as 12 Januarie nie te stuur. Sy sê dit is kommerwekkend omdat skole toelae ontvang.