Zondo-kommissie oorhandig eerste van drie verslae aan Ramaphosa

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het aangekondig hy sal elk van die drie dele van die Staatskapingskommissie se verslag openbaar maak sodra dit aan hom oorhandig is. Hy het vanmiddag die eerste deel van kommissievoorsitter, waarnemende hoofregter Raymond Zondo, ontvang en hom bedank vir sy harde werk.