Leerders moet inligting vir registrasie van eksamens verifieer

Die onderwysministerie versoek alle voltydse en deeltydse kandidate wat vir die 2024 Nasionale Eksamens geregistreer is om na hul eksamensentrums te gaan om hul registrasie-inligting na te gaan en te verifieer. Die verifikasiedatums is geskeduleer van 15 tot 30 April. Dit het betrekking op alle voltydse en deeltydse kandidate wat vanjaar vir die Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone, NSSCO, en Gevorderde Subsidiêre Vlak, AS, eksamens geregistreer is. Daar word van alle kandidate verwag om hul inligting persoonlik na te gaan en te verifieer, en die vereiste dokumente te onderteken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die adjunkdirekteur vir eksamens, sertifisering, korrespondensie en navrae, dr. Elizabeth Ndjendja.