Benader (asb) so die woenstyn-olifante

‘n Toename in toerisme in die gebied van die Ugab- en Huabriviere het gedragsveranderinge in die woestyn-aangepaste olifante veroorsaak. Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, het ‘n gedragskode vir gidse opgetrek om te verseker dat die diere nie gepla word nie. Met Paasnaweek wat môre begin, het Ehra se hoof, Rachel Harris met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en wenke gedeel oor hoe om die diere te benader.