Skuld vir gekaapte geboue lê by Meester en Aktekantoor in Jhb

Operasie Dudula wyt die voorkoms van gekaapte geboue, huise en grond aan onvoldoende beheerstelsels in die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof en die Aktekantoor in Johannesburg. Die drukgroep beweer regerings-instellings maak dit maklik vir misdaad-sindikate om gesinshuise in townships, en grond en geboue in die middestad te bekom en te verkoop. Penny Roberts van die Departement van Justisie sê die bewerings word tans ondersoek: