Leerders in die Noorde ontvang opleiding oor waterveiligheid

Altesaam 263 leerders van Eenhana in die Ohangwena-streek het waterveiligheidsopleiding van Monarch Lifeguard and Emergency Services ontvang. Dit volg na verskeie verdrinkingsgevalle wat tydens die reënseisoen in die Noorde aangemeld is. Marthin Muyenga van Monarch sê in plaas van die tradisie van ouers wat kinders slaan om weg te bly van water, moet kinders geleer word om veilig in water te wees. Die volgende opleidingskursus is op Okongo in die Ohangwena-streek. Marthin Muyenga, stigter van Monarch Lifeguard and Emergency Services, gesels met Kosmos 94.1 Nuus…