Borg: Fishrot-lot hoor vanmiddag

Die Fishrot-lot, behalwe Ricardo Gustavo wat reeds tuis is, sal na verwagting vanmiddag net na twee-uur by regter Shafimana Ueitele hoor of hulle ook huis toe kan gaan al dan nie. Die ses wat aansoek om borg doen sluit James Hatuikulipi, die voormalige minister Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi in. Die ses mans word saam met vier ander daarvan aangekla dat hulle sowat 317 miljoen Namibiese dollar verduister het, of voordeel daaruit getrek het na ‘n vermeende bedrogspul in verband met visvangkwotas aan die Yslandse vismaatskappy, Samherji.