Lando Norris in voorste wegspringplek

Motorsport:Lando Norris van McLaren het ‘n opwindende eerste Formule Een-voorste wegspingplek by die Russiese Grand Prix opgeraap. Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het tydens die kwalifiserende ronde in ‘n muur vasgery. Carlos Sainz van Ferrari sluit hom by die Brit in die voorste ry aan as een van die onverwagte drie in Sochi, saam met George Russell van Williams. Russell is van volgende seisoen af Hamilton se spanmaat. Hamilton neem die vierde posisie vir Mercedes in.