ANC maak vanaand sy nuwe raadskandidate bekend

Die ANC gaan na verwagting vanaand nuwe raadskandidate vir die komende plaaslike regeringsverkiesing bekend stel. ‘n Voorskou van sy manifes sal ook gegee sal word. Die ANC-president Cyril Ramaphosa gaan waarskynlik die media in Parktown, Johannesburg, toespreek. Die ANC se adjunk-sekretarisgeneraal Jessie Duarte sal ook daar wees, asook raadskandidate van al die provinsies. Die amptelike bekendstelling van die party se manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing vind môre in Tshwane plaas.