Kunene-streeksraad se uitdagings ver van verby

Die uitdagings in die Kunene-streeksraad is nog nie verby nie, al is die personeel se salarisse vir Desember uiteindelik betaal. Napwu het die hoërhof genader maar, regter Eileen Rakow sê dat die saak van die ministerie van stedelike ontwikkeling in verband met die raad se hoof streeksbeampte George Kamseb, steeds nie afgehandel is nie. Die ministerie het ook opdrag gegee dat Kamseb nie betaal word nie. Hy het in 2016 sy pos verloor na wangedrag en korrupsie in verband met die tenderproses teen hom bewys is, maar die raad het hom weer in Junie verlede jaar aangestel. Intussen wil Napwu hê die hof moet dan eerder ‘n bevel vir die betaling van salarisse by die streeksraad maak, sodat betaling gewaarborg is. Die kwessie van kostes van die geding moet ook bepaal word. Rakow het die saak tot 8 Februarie uitgestel sodat die vakbond kan besluit presies wat hy van die hof vra.