25% van mielie-oeste in SA is beskadig deur reën

Agri SA sê tot 25 persent van oeste in belangrike mielieproduserende streke soos KwaZulu-Natal en die Vrystaat is beskadig. Die uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, sê Suid-Afrika het hierdie somer oorvloedige reën gehad wat tot skade aan hierdie noodsaaklike gewas gelei het. Hy sê mielielande in Standerton, Vrede, Bethlehem, Kroonstad en Bothaville is in ‘n baie swak toestand of selfs onder water. Oeste in gebiede soos Noordwes en Mpumalanga het ook haelskade opgedoen.