Kroning kos belastingbetaler 100 miljoen pond

Buckingham-paleis het nie ‘n amptelike syfer vir die koste van koning Charles se kroningsgeleentheid, wat nou amptelik begin, bekend gemaak nie maar daar word beraam dat dit tot 100 miljoen pond, of 2,3 miljard Namibiese dollar, kos. Dit word nie deur die koninklike familie betaal nie maar word deur die belastingbetaler gedra omdat dit ‘n staatsgeleentheid is. Dit kom terwyl die Britse ekonomie op sy knieë is met ‘n 75 persent kans dat die land in ‘n resessie sal gaan. Britte sukkel met daaglikse uitgawes te midde van die land se lewenskostekrisis met inflasie wat op 10,1 persent gemeet is. ‘n Onlangse peiling toon ook dat 38 persent van Britte, veral jongmense, glo die monargie het sy tyd gehad en moet gaan.