Kredietverlening: Groei op laagste vlakke in 10 jaar

Kredietverleningsyfers vir Maart is bekend. Die privaatsektor maak al hoe minder skuld met ‘n skamele groei van 1,3 persent op ‘n jaargrondslag, minder as die 1,7 persent wat in Februarie aangeteken is. Dit is die stadigste groei in die afgelope tien jaar. Die makelaarsfirma Simonis Storm wat die ontleding gedoen het sê beide besighede en huishoudings het uiters lae aptyt vir skuld en betaal reeds ‘n geruime tyd ook meer vir hulle bestaande skuld. Jaar tot datum ontledings toon ook nie enige indikasie van verbetering nie.