Netumbo het ‘n wenslyns, nie ‘n doenlys nie

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het groot kritiek uitgelok met haar aanmerkings oor ekonomiese onafhanklikheid. Sy het veral melding gemaak van plaaslike owerhede, ook op streek- en nasionale vlakke, om belegging te bevorder. Sy is vir 34 jaar betrokke in die Namibiese regering en steeds is daar geen nuwe beleggingsbeleid nie. Onafhanklike ekonoom Gabriel Erastus sê haar aanmerkings handel oor wense en dis tyd vir aksie.