Kora-beslissing: Dit moet ‘n les wees vir skelms, sê minister

Die uitspraak van die hooggeregshof in verband met die Kora-musiektoekennings word deur die omgewingsminister Pohamba Shifeta verwelkom. Telecom Mundial Sarl en Ernest Adjovi het die appèlsaak Woensdag in die hooggeregshof verloor en moet dus 23,5 miljoen Namibiese dollar, 20 persent rente per jaar sedert 2016, en die regskoste van die Namibiese Toerismeraad betaal. Die sage sloer sedert die mislukte Kora-toekennings wat plaaslik in Maart 2016 gehou sou word. Die toerismeraad het die geld oorbetaal vir die bemarking van Namibië maar die toekennings het nooit plaasgevind nie. Shifeta sê dit moet ‘n les wees vir skelms.