Mudge gesels oor waterskeiding Covid-hofsaak

Die Health Defence League dagvaar die regering in verband met sy hantering van die Covid-pandemie sowel as die inentings wat afgedwing is op landsburgers. Die liga is ‘n groep redelike vooraanstaande persoonlikhede wat deur Richard Metcalfe verteenwoordig word en wat die veteraan politikus Henk Mudge insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Mudge gesels oor die vordering van die saak, wat reuse-implikasies vir die regering inhou.