Kondome en sanitêre doekies – debat loop oop in parlement

Daar was ‘n vuurwarm debat in die Nasionale Raad oor gratis kondome. Die streekraadslid van die Rehoboth-stedelike kiesafdeling Harald Kambrude sê sy kantoor sal nie meer gratis kondome wat deur die gesondheidsministerie verskaf word aan die gemeenskap uitdeel nie, totdat die regering begin om sanitêre doekies gratis te verskaf. Die raadslid voer aan dat seksuele omgang ‘n keuse is, terwyl meisies nie oor maandstondes kan kies nie. June Shimuoshili, van GirlUp Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus die raadslid het ‘n geldige punt, maar daar moet ‘n balans in beide kwessies wees.