Cope sê Ramaphosa moet Cele afdank

Congress of the People sê Suid-Afrika is midde-in ʼn sekerheidskrisis met stygende vlakke van geweldsmisdaad en wetteloosheid wat ʼn groot bron van kommer is. Die party verwag dringende optrede en verwys na die onbevoegdheid van die minister van Polisie, Bheki Cele, en sy onvermoë om die krisis aan te pak. Cope se woordvoerder, Dennis Bloem, sê niemand is veilig nie, met lede van die polisie, godsdiensleiers, kunstenaars en gewone burgers wat almal die teiken is van gewelddadige misdadigers: