Kommer oor 53 bemanningslede van vermiste Indonesiese duikboot

Die hoop vervaag dat die 53 bemanningslede aan boord van die Indonesiese duikboot wat vermis geraak het ná ‘n torpedo-oefening in die see noord van die eiland Bali, lewend gevind sal word. Amerika, Australië en Indië het onderskeidelik ‘n duikboot-opsporingsvliegtuig, ‘n fregat met sonar-toerusting en ‘n helikopter, asook ‘n diepsee-reddingsvaartuig ontplooi om met die soek- en reddingspoging te help. Indonesiese amptenare het gesê die bemanningslede het net genoeg suurstof tot vandag.