Nog 102 leerders positief getoets vir Covid-19

Daar was 102 leerders, 7 onderwysers en 11 gesondheidswerkers onder die 288 nuwe Covid-19 gevalle wat in die land bevestig is. Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar in Windhoek 42 gevalle is ,Okakarara 37, Rehoboth 28, Otjiwarongo 26 en Walvisbaai 25. Die res is landwyd versprei .Daar is steeds 1 702 aktiewe gevalle, met 45 3347 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 47 6715. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 624.