Minister reageer op Brave Warriors wat nie tuis sal speel nie

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Brave Warriors vir die eerste keer nie ‘n Wêreldbeker kwalifiserende wedstryd tuis speel nie. Die Konfederasie van Afrika-sokker het bevind die Sam Nujoma Stadion voldoen nie aan die standaarde van ‘n internasionale wedstryd nie. Fifa het ook onlangs gewaarsku dat die stadion op standaard gebring moet word. Die Namibiese Sokkervereniging is beboet met 6 000 Amerikaanse doller vir die tekort aan tegniese fasiliteite by die stadion. Die boete is op 21 April uitgereik en moet binne 7 dae betaal word. Die Namibiese Minister van Sport Agnes Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.