Khan-, Swakop- en Huabriviere loop

Die Namibiese weerkantoor voorspel vir vandag en môre swaar reënval in die streke van Khomas, Hardap en Zambezi en maan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. Die Hidrologiese Dienste van Namibië sê die Khan-, Swakop- en Huabriviere loop. Die Visrivier by Ai-Ais se vlak het vanoggend op 1,03 meter gestaan en die Oranjerivier by Blouputs op 2,55 meter. Die Zambezirivier by Katima Mulilo bly styg en het vanoggend op 4,78 meter gestaan en die Okavangorivier by Rundu op 5,62 meter. Die Kunenerivier se vloei by Ruacana het ook vanoggend teen 133,8 kubieke meter per sekondes gevloei.