Pakistani is glo baasbrein van vervalste paspoorte-sindikaat in SA

‘n Pakistani wat na bewering die baasbrein is agter ‘n sindikaat wat paspoorte vervals, is tydens ‘n klopjag aangekeer. Die Valke het 30 verdagtes in Krugersdorp in Gauteng gearresteer. Suid-Afrikaners word blykbaar na die sindikaat gelok deur hulle identiteite aan ongedokumenteerde migrante te verkoop. Die minister van binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê nóg inhegtenemings sal binnekort volg.