Dagga-ekspo in Kaapstad lok meer uitstallers

Die Dagga-ekspo by die GrandWest-casino se Sun-uitstallingsentrum in Kaapstad is hierdie naweek steeds aan die gang. Die direkteur van die uitstalling, Silas Howarth, sê die hoogtepunte van vanjaar se geleentheid sluit in die groot aantal geregistreerde uitstallers met meer as 150 wat die dagga-bedryf en die Dagga-voedselmark verteenwoordig. Howarth sê besoekers kan dagga-deurdrenkte kos en drankies geniet, asook ‘n dagga-konferensie met paneelbesprekings en voorleggings deur wêreldleiers. Daar sal ook ‘n splinternuwe Vryheidsfees wees.