Voedselpryse styg onverpoosd

Inflasie vir April is op 4,8 persent aangeteken maar het wyd gewissel tussen die drie sones in die land. Die Namibiese Statistieke-agentskap het ook die voedselprysstygings vir die maand bekend gemaak. Koffie en tee het met 13,1 persent gestyg met vis wat 11,7 persent duurder is. Vrugte het jou 10,9 persent meer uit die sak gejaag met suiker en verwante produkte wat 9,7 persent op is. Groente is 8,3 persent duurder suiwel en eiers 6,3 persent en vleis, 4,9 persent. Brood en grane het gekrimp met 0.5 persent en olies en vette met 1,5 persent.