Afrikaans is vandag 99 jaar oud

Afrikaans het vir die eerste keer op 8 Mei 1925 sy status as amptelike taal in Suid- Afrika ontvang. In die aanloop tot volgende jaar se groot feesvieringe van die taal se 100ste verjaarsdag, begin die feesvieringe al vandag op die 99ste verjaarsdag. Kosmos 94.1 Nuus het met Elizma Theron van Netwerk Namibië gepraat.